Hou SARS dalk jou Dieselverbruik dop?

Die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste is tans besig om boere se dieselverbruik stip dop te hou. Dit blyk uit die feit dat daar nou veel meer diesel oudits as in die verlede gedoen word.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste is tans besig om boere se dieselverbruik stip dop te hou. Dit blyk uit die feit dat daar nou veel meer diesel oudits as in die verlede gedoen word. Neem kennis – die rabat eis is op verbruik en nie op aankope nie. Die vraag wat egter ontstaan is: Wat word deur die wet as toelaatbare en wat as nie-toelaatbare diesel verbruik beskou?

Die toelaatbare diesel eis sluit diesel in wat:
• Primêr gebruik word vir alle boerdery produksie-aktiwiteite op die plaas;
• (AA) Verbruik word vir die verbouing van gewasse, oes daarvan en die stoor van die gewasse op die plaas.
• (BB) Tuinbou, weiding en byeboerdery.
• (CC) Die teel van vis in damme en die boer van oesters.
• (DD) Die teel en versorging van diere en reptiele.
• (EE) Die teel en versorging van ren- en skou perde asook die vervoer daarvan.
• (FF) Die skeer, sny van hare, vag van vee en die melk van lewendehawe.
• (GG) Die vervoer van lewendehawe na die plaas vir speen doeleindes.
• (HH) Die versorging van lewendehawe.
• (JJ) Baal van hooi.
• (KK) Die plant en versorging van vrugte bome.
• (LL) Enige aktiwiteit wat onderneem word om die grond of water te bespaar.
• (MM) Die uitvoering van brandbestryding aktiwiteite.
• (NN) Die oprigting of onderhoud van heinings.
• (OO) Die maak en instandhouding van brandbane.
• (PP) Die diens, instandhouding of herstel van voertuie en toerusting vir die verbruik in ‘n boerdery. Die aktiwiteit mag sleg op die plaas plaasvind.
• (QQ) Die bou of instandhouding van skure, hokke, silo’s of kuilvoer put vir die gebruik in ‘n boerdery.
• (RR) Die bou of instandhouding van damme, watertenks, waterkrippe, waterkanale, besproeiing stelsels of dreineringstelsels, insluitend waterpype en waterleidings vir die gebruik in ‘n boerdery. Die aktiwiteit mag sleg op die plaas plaasvind.
• (SS) Die uitvoering van grondwerke met die oog op ‘n boerdery, wat op die plaas plaasvind.
• (TT) Die soek van grondwater vir die gebruik in ‘n boerdery, of die bou en instandhouding van fasiliteite vir die onttrekking van sodanige water.
• (UU) Die pomp van water hoofsaaklik vir die gebruik vir boerdery doeleindes.
• (VV) Die verskaffing van water hoofsaaklik vir die gebruik in die boerdery aktiwiteit.
• (WW) Die berging van boerderyprodukte.
• (XX) Die verpakking of voorkoming van agteruitgang van landbouprodukte. Die aktiwiteit mag sleg op die plaas plaasvind.
• (YY) Onkruid-, plaag-, of siektebestryding.
• (ZZ) Jag of vang wat as deel van die boerdery uitgevoer word, insluitend die berging van die karkasse en velle.
• (AAA) Wildboerdery, maar ontspanningsaktiwiteite soos wild kyk en akkommodasie word uitgesluit.
• (BBB) Die opwekking van elektrisiteit.
• (CCC) Die gebruik van lokomotiewe vir die vervoer van goedere per spoor op die plaas eiendom.
• (DDD) Voedsel bestuur op die plaas eiendom.

Die bogenoemde aktiwiteite kwalifiseer slegs vir die terugbetaling indien dit vir eie primêre produksie in die boerdery deur die gebruiker of deur die kontrakteur van die gebruiker op ‘n droë basis gebruik word.

Daar word in die wet onderskeid getref met betrekking tot vervoer en kontrakteurswerk tussen ʼn droë en nat basis. Die droë basis is wanneer die boer diesel aan die kontrakteur verskaf en waar die dieselrabat wel geëis kan word vir die diesel wat gebruik is. Die nat basis is wanneer die kontrakteur self die diesel verskaf en die boer daarvoor gefaktureer word. In die laasgenoemde geval mag die diesel rabat nie terug geëis word nie. 


Fuel-Check

Lees hier ‘n opsomming deur Dee Bezudenhout (www.thevatlady.co.za) oor wat as toelaatbaar beskou word.

Toelaatbare diesel eis (volgens die VAT DR 03 en “Draft schedule 6 part 3”) deur Dee Bezuidenhout (www.thevatlady.co.za, 082 951 0487)

Ons Fuel-Check program help jou help om rekord te hou van jou diesel verbruik en ook om jou diesel rabat korrek te bereken.

Our Blog

Checkout our articles

Contacts us

Crop Metrix is a leading technology company in the agricultural industry offering farm fuel management and irrigation cycle management solutions.

Turning your farming data into actionable management information.

© CropMetrix 2022 - All Rights Reserved